Valentynsbal
Op, of rondom 14 Februarie elke jaar, bied die Matriekraad die Valentynsbal vir gr. 8 – 12 aan.
Beplanning hiervoor word maande vooraf reeds begin. Almal is altyd baie opgewonde en is vol verwagting oor wie hulle “dates” gaan wees vir hierdie geleentheid.
‘n Driegang-maaltyd word deur die Matriekraad se ouers voorberei en die skoolsaal opgemaak in ‘n Valentyns-tema. Tafels word keurig gedek en die saal versier onder leiding van die Matriekraadslede.
Hierdie geleentheid is ‘n hoogtepunt op die sosiale kalender van HSH!



Oscar-Bal
Jaarliks, gedurende die tweede kwartaal, bied die Matriekraad ‘n Oscar-bal aan. Benoemings word vooraf gedoen ..… koppe gekrap en dan word die toekennings op hierdie spesiale aand gedoen. Die ouers van die Matriekraad is weer verantwoordelik vir ‘n smaaklike ete. Die skoolsaal word stylvol getooi vir die spesiale aand.

