SPORTTOER 2013 en 2014

In 2013 het die 0/19 rugbyspan ‘n toer na Brits in die Noordwes provinsie onderneem om aan die Nyati sportskool deel te neem.  Daar het hulle afrigting ontvang, wedstryde gespeel en aan verskeie buitelugaktiwiteite deelgeneem, soos binnebandry op die rivier, pyl en boog skiet en nagmarse.

Die eerste- en tweede netbalspanne was terselfdertyd na Hartebeespoort vir ‘n netbaloer.  Hulle het ook goeie afrigting ontvang, wedstryde gespeel én nog tyd gehad vir pret!

In 2014 beoog ons om ‘n HS 1e en 2e rugby- en netbal toere na Potchefstroom te onderneem.  Daarna word ‘n 1e span rugby- en netbaltoer (HS) na Margate beplan.  Die 0/15’rugbyspan gaan ‘n toer na George onderneem!