Swem 2014

Met baie geesdrif het die afrigting begin!! ‘’n Goep van 22 laerskoolleerders wat by die jaarlikse swemgala geidentifiseer  is het elke middag begin oefen.  Op 10 Februarie 2014 het hierdie swemmers in ‘n bus geklim en na Jacobsdal vertrek na die Interpro Gala. Groot was die opwinding toe die eerste skoot klap!!! Die drie afrigters nl. Me Michelle Volpato,  Mev Elnette Coetzee en Mev Ané Prins het gestaan en kyk hoe die swemmers swem en areas geidentifiseer waar daar nog werk nodig is. Nietemin het almal daar teenwoordig notisie geneem van die blink toekoms van swem in HSH. Ook was daar ‘n groot groep ouers teenwoordig wat hulle kinders ondersteun het!! Dit maak mens regtig trots.

Almal was baie trots op hierdie groep swemmers!!!!  Hulle het altesaam 15 medaljes huistoe gebring!!!!  Baie geluk aan elkeen van hulle, HSH is baie trots op julle!!!!  Hou aan hard oefen en voorberei vir volgende seisoen!!!!

Swem - Ian Jansen DSCN4923 E 031 DSCN2382 DSCN4875