Tweekamp Liga 2 26 Oktober 2017

Op Donderdag, 26 Oktober 2017, is die tweede Tweekamp Liga byeenkoms vir die jaar te Diamantveld Hoërskool en St. Patricks CBC se swembad in Kimberley gehou.   Die uitslae was as volg:

Dian Scholtz:  Seuns 0/8 hardloop 400m in ‘n tyd van 1:35:00.  Hy swem ‘n afstand van 25m in ‘n tyd van 0:46:25.  Hy kwalifiseer vir die GW B-span.

Gerrit Klok:  Seuns 0/9  hardloop 800m in ‘n tyd van 2:56:27.  Hy swem ‘n afstand van 50m in ‘n tyd van 0:58:06.  Hy kwalifiseer vir die GW A-span.

Lize-Mari Ferreira:  Dogters 0/9 hardloop 800m in ‘n tyd van 3:23:45.  Sy swem ‘n afstand van 50m in ‘n tyd van 1:21:02.  Sy kwalifiseer vir die GW A-span.

Henré Wiid:  Seuns 0/11 hardloop 800m in ‘n tyd van 3:16:32.  Hy swem ‘n afstand van 50m in ‘n tyd van 0:56:55.  Hy kwalifiseer vir die GW D-span.

JJ Fourie:  Seuns 0/13  hardloop 1200m in ‘n tyd van 5:07:74.  Hy swem ‘n afstand van 100m in ‘n tyd van 1:23:22.  Hy kwalifiseer vir die GW A-span.

Gérard Wiid:  Seuns 0/13  hardloop 1200m in ‘n tyd van 4:22:33.  Hy swem ‘n afstand van 100m in ‘n tyd van 1:34:61.  Hy kwalifiseer vir die GW A-span.

Geordan Slater:  Seuns 0/15  hardloop 1500m in ‘n tyd van 5:45:28.  Hy swem ‘n afstand van 100m in ‘n tyd van 1:16:09.  Hy kwalifiseer vir die GW A-span.

Roe Wiid:  Seuns 0/17 hardloop 2000m in ‘n tyd van 7:50:88.  Hy swem ‘n afstand van 100m in ‘n tyd van 1:26:22. Hy kwalifiseer vir die GW A-span.

Shimonné Schlebush:  Dogters 0/11 hardloop 800m in ‘n tyd van 3:06:43.  Sy swem ‘n afstand van 50m in ‘n tyd van 1:03:44.  Sy kwalifiseer vir die GW A-span.

Luret Klok:  Dogters 0/11 hardloop 800m in ‘n tyd van 3:17:26.  Sy swem ‘n afstand van 50m in ‘n tyd van 0:53:74. Sy kwalifiseer vir die GW A-span.

Jana de Villiers:  Dogters 0/13 hardloop 1000m in ‘n tyd van 3:51:59.  Sy swem ‘n afstand van 100m in ‘n tyd van 1:47:85.  Sy kwalifiseer vir die GW B-span.

Haileigh Slater:  Dogters 0/13 hardloop 1000m in ‘n tyd van 4:06:10.  Sy swem ‘n afstand van 100m in ‘n tyd van 1:31:44.  Sy kwalifiseer vir die GW B-span.

Carmen Louw:  Dogters 0/13 hardloop 1000m in ‘n tyd van 3:40:71.  Sy swem ‘n afstand van 100m in ‘n tyd van 1:58:81. Sy kwalifiseer vir die GW B-span.

Baie dankie aan al die ouers en onderwysers vir jul ondersteuning en harde werk.  Al die leerlinge kwalifiseer om aan die volgende Interprovinsiale byeenkoms wat op Saterdag 11 November in Kimberley gehou gaan word, deel te neem.