Tweekamp SA’s Uitslae 2018

Na ‘n lang dag van goeie kompetisie, mooi atletiek en swem kan ons so trots wees op ons 3 Hoërskool Hopetown atlete!  Hulle tye was goed en hul het goeie punte verwerf.  Gerrit het ‘n enkelbesering opgedoen tydens sy hardloop item, maar ten spyte van die besering het hy sy tweekamp voltooi met mooi uitslae.

Gerrit Klok:  Seuns 0/9  hardloop 800m in ‘n tyd van 2:53:82 (1151 punte).  Hy swem ‘n afstand van 50m in ‘n tyd van 0:56:64 (895 punte).  Hy teken ‘n totaal van 2046 punte aan en eindig 49ste uit 56 deelnemers ten spyte van sy enkelbesering.

Gérard Wiid:  Seuns 0/13  hardloop 1200m in ‘n tyd van 4:11:71 (1046 punte).  Hy swem ‘n afstand van 100m in ‘n tyd van 1:28:33 (977 punte).  Hy teken ‘n totaal van 2023 punte aan en eindig 39ste uit 61 deelnemers.

Geordan Slater:  Seuns 0/15  hardloop 1500m in ‘n tyd van 5:15:11 (975 punte).  Hy swem ‘n afstand van 100m in ‘n tyd van 1:17:15 (1049 punte).  Hy teken ‘n totaal van 2024 punte aan en eindig 39ste uit 57 deelnemers.

Dit was die grootste tweekamp kompetisie in die afgelope 43 jaar met 825 deelnemers in totaal!  Dit was baie goeie ondervinding vir ons atlete en ons het net weereens onder die besef gekom van hoe bevoorreg ons is dat ons kinders in HSH met sy veilige, geborge omgewing en hope geleenthede kan wees.

Baie geluk aan ons 3 atlete met jul puik prestasies en die hart wat jul getoon het!  Baie dankie ook aan elkeen wat hard saam met die atlete gewerk en opgeoffer het om die prestasies moontlik te maak!  Ons sien saam met jul reeds uit na die volgende seisoen.