Tweekamp-SFS Inter-provinsiale byeenkoms te Bloemfontein: 28 September 2018

Op 28 September 2018 het 5 van HSH se Tweekamp atlete aan die Interpro byeenkoms wat in Bloemfontein aangebied is, gaan deelneem.  Hulle uitslae was as volg:

Henré Wiid (S 0/11) hardloop 800m in ‘n tyd van 3:30:7 en behaal 896.6 punte.  Hy swem 50m in ‘n tyd van 0:48:5 en behaal 959.52 punte.  Sy totale punte is 1856.12.

Jacques Wiid (S 0/13) hardloop 1200m in ‘n tyd van 5:56:9 en behaal 520.35 punte.  Hy swem 100m in ‘n tyd van 1:42:1 en behaal 839.50 punte.  Sy totale punte is 1359.85.

Gérard Wiid (S 0/15) hardloop 1600m in ‘n tyd van 5:57:7 en behaal 851.65 punte.  Hy swem 100m in ‘n tyd van 1:27:6 en behaal 944 punte.  Sy totale punte is 1795.65.

Geordan Slater (S 0/17) hardloop 1600m in ‘n tyd van 6:02:8 en behaal 730.95 punte.  Hy swem 100m in ‘n tyd van 1:14:3 en behaal 1066.9 punte.  Sy totale punte is 1797.85.

Nicola Wiid (D 0/17) hardloop 1000m in ‘n tyd van 4:15:3 en behaal 843.60 punte.  Sy swem 100m in ‘n tyd van 1:31:1 en behaal 939.20 punte.  Haar totale punte is 1782.80.