Uitreik projek na Silwerhof (Tehuis vir Bejaardes)
Die Matriekraad reik jaarliks uit na die plaaslike ouetehuis (Silwerhof). Leerders word versoek om ‘n lekkernye of enige iets om hulle te bederf na die skool te bring.
Elke klasgroep onder leiding van hul VLR-lede en registeronderwysers versamel dit en verpak dit dan as ‘n geskenk.
Die Matriekraad maak ‘n afspraak met Silwerhof en dan gaan kuier hulle een middag by die ouetehuis. Hierdie besoek is altyd baie spesiaal – geselsies word aangeknoop en die verrassings word oorhandig.
Die bejaardes waardeer hierdie gebaar ontsettend baie. Na hierdie besoek, besef almal weer hoe belangrik dit is om nie net geskenke te gee nie, maar ook van ons tyd.
Dit is ‘n hoogtepunt op die Matriekraad se kalender en elkeen gaan weer aan met hulle lewe gevul met nuwe insigte vir ouer word.

