Vryheidsdag program 2017

Op Woensdag, 26 April 2017, het die leerders van HSH ‘n Vryheidsdag program aangebied.

Jano de Wet en Dwyn Douw het die verrigtinge op gepaste wyse met skriflesing en gebed geopen, waarna Kobus van Eck die doel van Vryheidsdag aan ons verduidelik het.  Hy was dit eens dat die demokrasie en daarmee saam die eenheid van alle kulture noodsaaklik is om vir ons reënboognasie ‘n goeie toekoms te verseker.

Die Graad 4 klas het ons landswapen se simbole en simboliek aan ons verduidelik deur die wapen soos ‘n legkaart aanmekaar te sit.  Ons is almal weer opnuut onder die indruk gebring van hoe uniek en werklik pragtig ons landswapen is!

Graad 4 2017

 

Twaalf van die Graad 9 dogters het ‘n tradisionele dans op die maat van die musiek van die rolprent, Saraffina, gedoen.  Die liedjie “Freedom”, was baie gepas by die geleentheid.  Ons eie lofdigter, Amathys Jacobs, het ‘n ode, opgedra aan Vryheid, aan ons voorgehou  en ons het weer besef hoe bevoorreg ons is om vry in ons land te wees!

Vryheidsdag dansers 2017