Wintervakansie 2018: Perdry uitslae

Die gedugte broer- en suster-kombinasie, RJ en Menike Strauss, het die vakansie aan die “SA Western Mounted Games Association” asook onder die “South African National Equestrian Schools Association” (SANESA) gaan deelneem.

Menike het 4 tweede plekke en ‘n algehele tweede plek vir Vlak 1 onder SANESA behaal.  Onder die SA Western Mounted Games Association Vlak 0 het sy 1 eerste plek, 1 tweede plek en 3 derde plekke behaal.  Hierdie prestasies het dan ook aan haar die algehele eerste plek verseker waarvoor sy ‘n wisseltrofee ontvang het.  Baie geluk Menike met jou bevordering na Vlak 1!

RJ het 5 eerste plekke en gevolglik ook die algehele eerste plek vir Vlak 1 onder SANESA behaal.  Onder die SA Western Mounted Games Association Vlak 1 het hy 1 eerste plek, 1 tweede plek en 2 derde plekke behaal.  Hierdie prestasies het aan hom die algehele tweede plek besorg.

Baie geluk aan dié twee leerders wie ons skool op soveel terreine so puik verteenwoordig!