Wiskunde en Skeinat in die natuur!

IMG-20160828-WA0005 IMG-20160828-WA0004 IMG-20160828-WA0003
‘n Wiskunde en Natuur en Skeikunde hersieningskamp is vir Gr 11 en 12 leerders aangebied in Mokala Nasionale Park gedurende die naweek van 25-27 Augustus 2016. Mnr Johan Mitten was die aanbieder. Daar is baie hard gewerk, maar ook heerlik ontspan. Dr Arno van Niekerk van die UFS het die groep ook Donderdagaand besoek en lekker met die leerders gesels. Vir elke leerder was dit ‘n onvergeetlike ervaring en baie leersaam. Graag bedank ons ook die Vanderkloof Watergebruikersvereniging wat deur hul ruim borgskap die kamp vir ons leerders moontlik gemaak het. Ons hoop dit kan ‘n jaarlikse instelling word!