0/11 en 0/13 Krieket proewe 2016

Op 20 Augustus 2016 het ‘n paar 0/11 en 0/13 leerders aan die Pixley Ka Seme krieket proewe te Hopetown deelgeneem.

Die volgende leerders het aan die proewe deelgeneem:

0/11:  Junaid Jood, Lucien Bosman, JJ Fourie en Maricus Marais

0/13:  Carlo Louw, Lieb du Raan, JJ Fourie, Jack Wiid en Evan Titus

By hierdie proewe is daar ‘n Pixley Ka Seme span gekies en hulle het op 27 Augustus 2016 in Kathu gaan speel.

Die leerders gekies vir hierdie spanne was as volg:

0/11:  Junaid Jood, Lucien Bosman en JJ Fourie

0/13:  Carlo Louw, Lieb du Raan, Jack Wiid en Evan Titus

In Kathu is drie van ons leerders gekies om aan die GW platteland en GW proewe op 9 en 10 September 2016 in Kimberley deel te neem.  Hierdie leerders was Junaid Jood (0/11) en Carlo Louw en Lieb du Raan (beide 0/13).  Ons hoop om spoedig die uitslae van die proewe te ontvang.  Die leerders wat opgeneem word in hierdie spanne neem in Desember aan ‘n toernooi deel.

Die 0/13 Pixley Ka Seme span, met 4 HSH leerders wat deel is van die span, neem 23-24 September 2016 deel aan ‘n krieket “festival” wat in Hopetown plaasvind deel.