0/11 en 0/13 Krieket vs Douglas 23 Oktober 2017

Op 23 Oktober 2017 het HSH se 0/11 en 0/13 krieketspanne teen Douglas krieket gespeel.

0/11

HSH kolf eerste en teken 134 lopies aan.  Driean Wiid teken 36 lopies, NUN aan.  Hierna beperk HSH se boulers Douglas tot slegs 46 lopies.  HSH wen dus met 92 lopies.

0/13

HSH kolf eerste en teken 162 lopies aan.  James Fourie teken 62 lopies, NUN aan.  Hierna is dit Douglas se beurt om te kolf en ons beperk hulle tot slegs 36 lopies.  HSH wen dus met 126 lopies.