0/11 Krieket vs Futurum Akademie te Jan Kempdorp

Op 16 Oktober 2017 gaan speel die 0/11 seuns krieket in Jan Kempdorp teen Futurum Akademie.   HSH wen die wedstryd met 7 paaltjies.  Lieb Higgs teken die meeste lopies aan (11 lopies), terwyl Hennie du Plessis die beste bouler is met die 5 paaltjies wat hy geneem het.  Hiervoor word hy dan ook aangewys as Speler van die Wedstryd.