0/13 Krieket Pro20 Aandreeks

Soos dit die afgelope twee jaar die geval was het HSH hierdie jaar weer aan die Diamantveld aandreeks krieket deelgeneem wat aangebied word deur Laerskool Staats.  In ‘n naelbyt semi-finaal het Kimberley Junior ongelukkig van die tweedelaaste bal die wenlopies gemoker.  Kimberley Junior het as algehele wenners uit die toernooi getree en Laerskool Staats as die Plaat wenners vir 2016.  As span het julle mekaar deurgaans ondersteun en ons is baie trots op jul puik prestasie!

Drie van ons leerders is gekies as deel van die 24 beste spelers in die toernooi en het na afloop van die toernooi in die 2 DHS (geel span en blou span) gespeel. Hierdie wedstryd het plaasgevind op Donderdag, 3 November 2016, in Kimberley.
Carlo Louw het die blou span verteenwoordig terwyl Lieb du Raan en JJ Fourie in die geel span was. Die blou span het as wenners uit die stryd getree.

‘n Spesiale gelukwensing ook aan Carlo Louw wat aangewys is as die speler van die toernooi. Baie geluk Carlo, dis voorwaar ‘n uitstekende prestasie. Ook is dit die tweede jaar agtereenvolgens dat een van ons spelers met hierdie toekenning wegstap nadat Wilikus Badenhorst in 2015 ook met dieselfde eer bekroon is!