0/13 krieket vs Futurum Akademie

Op 16 Oktober 2017 gaan speel die 0/13 seuns krieket teen Futurum Akademie.  HSH kolf eerste en teken 200 lopies aan met slegs 1 paaltjie plat.  Junaid Jood teken 62 lopies, NUN aan.  James Fourie teken 41 lopies, NUN aan.  Evan Titus teken 30 lopies aan.  Futurum Akademie word beperk tot slegs 63 lopies en HSH wen die wedstryd.