0/19 Krieket 10 en 11 Februarie 2017

Op 10 Februarie 2017 speel HSH se 0/19 krieketspan teen HSNK.  HSH kolf eerste en teken slegs 38 lopies aan voordat almal uitgeboul word.  HS NoordKaap volg op en teken die wenlopies aan met slegs 3 paaltjies plat.  HSNK wen met 7 paaltjies.

Op 11 Februarie 2017 speel HSH teen HS Namakwaland.  HSH kolf eerste en teken 116 lopies in die toegelate 20 boulbeurte aan.

Luan Murray teken 39 lopies en Wilikus Badenhorst 62 lopies, nie uit nie, aan.

HSH boul hierna vir HS Namakwaland uit en wen die wedstryd.