0/19 Krieket vs De Aar en Orion op 21 Oktober 2017

Op 21 Oktober 2017 speel die 0/19 krieketspan teen Orion en De Aar.

Orion

HSH word ingestuur om eerste te kolf en teken 175 lopies in die 20 toegelate boulbeurte aan met slegs 4 paaltjies plat.  Die volgende spelers presteer goed met die kolf:

Tertius de Wet:  42 lopies van 42 balle

Wilikus Badenhorst:  67 lopies van 31 balle

Johan Jansen:  36 lopies van 20 balle

HSH boul uitstekend en Orion kan slegs daarin slaag om 42 lopies aan te teken voordat al hul spelers terug is in die paviljoen.  HSH wen dus met 133 lopies.

De Aar

HSH kolf weereens eerste en teken 138 lopies aan voordat almal uit is.  Die volgende spelers presteer weer met die kolf:

Tertius de Wet:  54 lopies van 46 balle

Wilikus Badenhorst:  27 lopies van 17 balle

Johan Jansen:  10 lopies van 4 balle

Hierna word De Aar almal uitgeboul vir slegs 38 lopies en HSH wen dus met 100 lopies.