0/7 Netbal 2017

0/7 Netbal 2017

Die 0/7 Netbalspannetjie het voor die Laerskool sportdag wat op Saterdag 6 Mei 2017 te HSH gehou is, ‘n skenking ontvang waaroor hulle baie opgewonde was!  Elke spelertjie het ‘n rugsakkie met haar naam op ontvang en dit het bygedra tot ‘n baie goeie spangees by die pienk handjie netbalspan!

Baie dankie aan elke persoon wat op welke wyse ook al bydra tot die sukses van ons skool!