0/8 Netbal presteer weer!

Op 13 Junie 2017 het die 0/8 Netbal spannetjie saam met hul afrigter, Leigh-Ann Fourie, Juffrou Zelda Zwiegers en ‘n handvol Mammas die oggend 06:00 in die skoolbus geklim en opgewonde die pad Bloemfontein toe aangepak!  Daar is gereël dat hulle die 2017 seisoen afsluit deur teen die Bloemfontein skole te gaan meeding.

HSH 0/8 Netbal vs Universitas 2017

HSH wen vir Laerskool Universitas,  ook bekend as Tjokkies, met ‘n telling van 4-0!

HSH 0/8 Netbal vs Fichardtpark 2017

HSH wen vir Laerskool Fichardtpark met ‘n telling van 8-1!

Na afloop van die wedstryde is die seisoen tot groot genot van die spannetjie in die “Spur” afgesluit.

Baie dankie aan Leigh-Ann Fourie vir jou besondere bydrae om hierdie spannetjie kookwater te maak!