0/9 Mini-krieket vs Jacobsdal 11 September 2017

Op Maandag, 11 September 2017, het die 0/9 Mini-krieket span ‘n volwaardige 11-man krieketwedstryd in Jacobsdal gaan speel.

HSH het 53 lopies aangeteken in hul 15 toegelate boulbeurte en slegs 5 paaltjies in die proses afgestaan.  Jacobsdal het hierna gaan kolf en kon slegs 41 lopies aanteken met 4 paaltjies plat.  HSH wen dus die wedstryd met 12 lopies.

HSH se boulaanval het goeie dissipline getoon en slegs 6 wydlopers geboul teenoor die 16 deur Jacobsdal afgestaan. Gerrit Klok het uitstekend geboul en 2 paaltjies in een beurt laat kantel.   Benna Burger het ‘n 4 geslaan en hy en Reuven Strauss het 10 lopies aangeteken.  Jaco Venter het ‘n uitstekende vangskoot geneem.

Dit was vir die jong spelertjies ‘n heerlike ervaring om op ‘n regte kolfblad met ‘n harde krieketbal te speel.  Baie dankie aan Juffrou Jeanine en Mnr. Bosch wat hulle so mooi leer en inspireer!