Entries by Charl Beetge

GR 8 INLYWING 2014

Die inlywingseremonie van bogenoemde leerders het op Donderdag, 6 Februarie 2014, plaasgevind. Hierdie besondere geleentheid word jaarliks in die nuwe tuintjie van ons skool, tussen die twee vierkante, aangebied. Willie Tuck en Miceala Kemp het die geleentheid met skriflesing en gebed geopen. Die hoofleiers het die vlae ingedra, terwyl die volkslied gespeel is. Terwyl die […]

REDENAAR 2013

In 2013 het ons met 64 deelnemers gespog.  Die beoordelaars was weer beïndruk met die standaard van hul redenasievermoë, aanbieding en goeie navorsing vir die onderskeie onderwerpe. Om ‘n goeie redenaar te wees, is vir ons almal belangrik en ‘n vaardigheid wat leerders beslis moet ontwikkel.  Ons is daarvan ooruig dat leerders aan hierdie aktiwiteit […]

ATKV JEUGTAK: KAALVOETKINNERS

In 2012 is die algemene jaarvergadering in Rustenburg deur die voorsitter bygewoon, waar sy baie bewus geword het van die omvang van hierdie organisasie, asook die waarde wat dit tot die belewing van ons taal, byvoeg. Die tak het ‘n dinamiese, aktiewe komitee wat vele interessante projekte vir 2014 beplan.  

OPVOERINGS 2013 & 2014

In 2013 is ‘n baie suksesvolle talentaand aangebied, waartydens nie minder as 180 leerders hul talente met die toeskouers gedeel het nie! Bogenoemde opvoerings was ook dikwels met ‘n paar personeelkonserte afgewissel.  hierdie optredes was baie populêr en die gemeenskap en leerders het dit besonder baie geniet. Deel van die beplanning vir 2014 is ‘n […]

SKAAK 2013 & 2014

Christopher Storey en Amy Storey het aan die Nasionale Skaakkampioenskappe gaan deelneem van 14 – 19 Desember 2013.  Christopher Storey het aan die seuns 0/18 toernooi gaan deelneem en 4½ uit 7 wedstryde gewen.  Amy Storey het aan die dogters 0/14 toernooi gaan deelneem en het 3½ uit 7 wedstryde gewen. Attie Botha is reeds […]

SPORTTOER 2013 en 2014

In 2013 het die 0/19 rugbyspan ‘n toer na Brits in die Noordwes provinsie onderneem om aan die Nyati sportskool deel te neem.  Daar het hulle afrigting ontvang, wedstryde gespeel en aan verskeie buitelugaktiwiteite deelgeneem, soos binnebandry op die rivier, pyl en boog skiet en nagmarse. Die eerste- en tweede netbalspanne was terselfdertyd na Hartebeespoort […]

Buitelugopvoeding 2013 & 2014

Gedurende 2013 is die SOS Skool in die Wildernis, naby Villiersdorp, besoek. Verskeie onderwerpe wat op die sillabusse betrekking het, is  in die praktyk behandel. Daar was natuurlik ook tyd vir spanbou, hindernisbane, vryetydsbesteding ens. Almal het dit baie geniet. In 2014 gaan die gr.6- en 7 leerders die Tuinroete Buitelugskool besoek. Hier besoek leerders […]