“Big-Brag”- Ons brag groot!


Interskole … is seker een van die belangrikste gebeure op die sportkalender, maar voor daar interskole gehou kan word moet daar natuurlik eers ‘n bietjie ‘gebrag’ word!

Die “Big-Brag” is op Donderdag, 4 Augustus by die skool aangebied. Die kapteine het hulle spanne aan die res van die skool voorgestel en daarna het die span hul ‘kreet’ gedoen.

Die ‘pom-poms’ het ‘n optrede gehou en die Sjampanje-nooi, Mariet Cilliers, die rugby-mascot, Thomas Fourie en die netbal-mascot, Dani Fourie is aangekondig. Ons wens sterkte toe aan al hierdie groepe en al die netbal- en rugbyspanne! Maak ons trots!