Draftoer X

“Move your feet, loose your seat…”

Hoërskool Hopetown het Woensdag die 13de tot die 16de Julie 2016 ‘n draftoer aangebied. Die draftoer is hierdie jaar die tweede keer aangebied en was ‘n groot sukses. Die hoof fokus van draftoer X (draftoer extreme) is om saam met mede Christene op ‘n geestelike reis te gaan en sodoende meer oor jouself te leer.

Daar is baie gelag, sokker,  ‘mafia’ en 30 seconds gespeel… en natuurlik ook gedraf. Daar is min geslaap, baie geëet, ver gedraf en nuwe vriendskapsbande gevorm.

Dankie aan ons geestelike leier, Johan Greyling, Juffrou Rouchelle en Andri Basson vir julle leiding en inisiatief op die draftoer. Ons doen dit volgende jaar weer!