Griekwaland-Wes Kleinskole finale 9 Augustus 2017

Beide die 0/17- en 0/15-rugbyspanne het op 9 Augustus in die Griekwaland-Wes Kleinskole finale, te Tafel Lager Park in Kimberley, gespeel.

Die 0/15’s het eerste teen Hoërskool Prieska opgedraf maar ongelukkig in ‘n taai wedstryd met 13-17 verloor.

Die 0/17’s het hierna teen Hoërskool Postmasburg gespeel.  Weereens was dit ‘n harde wedstryd met die telling wat op ‘n stadium 19-17 in HSH se guns was.  Ons verdedigingspatrone het baie goed gewerk en met goeie dissipline en karakter wat deurgaans getoon is kon Hopies vir Postmasburg hierna beperk tot slegs een drie.  Die spelers se fiksheid en deursettingsvermoë was op die ou end te veel vir Postmasburg en Hopetown het die wedstryd teen die einde relatief oortuigend gewen met ‘n telling van 33-22.

HSH se drieë is aangeteken deur Winston Tuck, Adriaan Badenhorst, Valrian Conradie, Ernest Beerwinkel en Dirk Gunter.  Ernest Beerwinkel het ook 4 van die drieë verdoel.

Almal by HSH is ontsettend trots op julle, ingesluit die afrigtingsspan Menere A. Basson, D. Zeelie en E. Lightfoot.  Julle het, op die groot verhoog, julself as waardige Hopies manne bewys en ons salueer julle!

Die spanlys is as volg:

Loskopstut (1) – Patrick George

Haker (2) – Dirk Gunter

Vaskopstut (3) – Johan Jansen

Linker slot (4) – Tertius de Wet

Regter slot (5) – Shaun Dikela

Linker vlank (6) – Adriaan Badenhorst

Regter vlank (7) – Haygan Paulus

Agtsteman (8) – Winston Tuck (Kaptein)

Skrumskakel (9) – Phillip Janse van Vuuren

Losskakel (10) – Jetaime May (Onder-kaptein)

Linker vleuel (11) – Valrian Conradie

Binnesenter (12) – Ernest Beerwinkel

Buitesenter (13) – Sivenathi Mpamba

Regter vleuel (14) – Hannes Hattingh

Heelagter (15) –  Llayton Titus

Reserwes:

Elvin Kammies (Haker)

Exafrihenrico Rooifontein (Stut)

Arthur Jantjies

Manuel Arries

Pieter Bostander

Jordan Kok

Hoofafrigter:  Mnr. A. Basson

Hulpafrigters:  Mnr. D. Zeelie en Mnr. E. Lightfoot