GWK rugby 2016

IMG-20160729-WA0001

Vyf o/15 en ses o/17 Hopies het vir die Pixley-span gekwalifiseer wat aan die GWK week te Hartswater deelgeneem het. Voor die manne die ander spanne kon “tackle”, moes hulle eers ’n oefenkamp by Hoërskool Hopetown bywoon.
Die manne het hul harte uitgespeel en die o/15’s het een van hul drie wedstryde gewen en die o/17’s het hulle dit nagedoen, maar die ander twee wedstryde het hulle net-net verloor. Tussen al die oefen en wedstryde deur, het al die spanne saam gebraai en raad en advies van twee gesoute Griekwa-spelers ontvang. Daar was tyd om lekker te ontspan en na die sangeres, Zandri van der Ryst, te luister.
So, manne, begin solank oefen, sodat julle ook deel van volgende jaar se legendariese GWK-week kan wees!