Hengel: 4 September 2018

Vier van Hoërskool Hopetown se leerders, Eloise Louw, LJ Louw, Richard Smith en Xander Roos,  het deur die loop van die jaar uitgeblink as uitstaande hengelaars by die Van der Kloof Hengelklub.  Hulle het die volgende prestasies behaal:

Dogters:

In die dogters se afdeling het Eloise Louw die trofee ontvang vir die dogter met die hoogste punte.  Sy het ook goue medaljes ontvang vir die swaarste karp, die swaarste baber en die swaarste inderbek.

Seuns:

In die seuns se afdeling het LJ Louw die trofee ontvang vir die seun met die hoogste punte.  Hy het ook ‘n goue medalje vir die grootste geelvis en ‘n silwer medalje vir die tweede grootste baber ontvang.  Richard Smith het ‘n goue medalje ontvang vir die grootste baber, terwyl Xander Roos (Gr 1) brons ontvang het vir beide die derde grootste baber en die derde grootste geelvis.

Baie geluk aan hierdie jong hengelaars wie elke jaar teen mekaar sowel as verskeie leerders van De Aar en die CVO skool in Orania meeding.