Hoërskool krieket

Die Hoërskool krieket se 0/15 en 0/19 spanne het op 26 en 27 Augustus 2016 aan die Uppie krieketfees te Upington gaan deelneem.

Die 0/15 span het teen Oranje Uitnodiging gespeel en die wedstryd met 3 paaltjies gewen. Daarna het hulle teen Hoërskool Diamantveld gespeel en Diamantveld het met 20 lopies gewen. Hulle laaste wedstryd was 50 boulbeurte teen Hoërskool Diamantveld en HSH het ongelukkig weer teen hulle verloor, hierdie keer met 64 lopies.

Die 0/19 span het op hulle beurt teen Kathu gespeel en met 17 lopies verloor. Hulle tweede wedstryd het hulle teen Hoërskool Duineveld gespeel en met 15 lopies verloor. In hulle laaste wedstryd het hulle teen Hoërskool Duineveld ‘n 30 boulbeurt gespeel en met 7 paaltjies verloor.

Op 15 September 2016 het die Hoërskool krieketspan teen Douglas gespeel en HSH het met 9 paaltjies verloor. HSH het eerste gaan kolf en 57 lopies aangeteken, waarna Douglas 58 lopies gemoker het met slegs 1 paaltjie plat.