HSH Grondslagfase netbal vs ODPS

Op Woensdag, 24 Mei 2017, het die grondslagfase netbalspanne (0/7, 0/8 en 0/9) van HSH teen ODPS wedstryde op HSH se netbalbane gespeel.

Dit was ‘n heerlike sonskynmiddag en daar het ‘n opgewonde atmosfeer onder die ouers en ander ondersteuners geheers in aanloop tot die wedstryde.  Soos verwag is daar netbal van hoogstaande gehalte gespeel en almal teenwoordig het dit terdeë geniet!

Die uitslae was as volg:

0/7A   HSH wen 4-0.

0/7B   HSH wen 1-0.

0/8A   HSH wen 17-2.

HSH 0/8B teen ODPS 0/9B   ODPS wen 5-4.

0/9   HSH wen 12-8.

Baie dankie dat julle teen ons kom deelneem het.  Ons het dit baie geniet en julle kinders het pragtig gespeel!