HSH krieket kook

Op 15 Oktober 2016 het die 0/19 span op Douglas twee wedstryde gaan speel.

Die eerste wedstryd was teen HS Douglas en HSH is ingestuur om eerste te kolf.  Hulle het 114 lopies aanteken in die 20 toegelate boulbeurte. Daarna gaan kolf Douglas en word almal uitgeboul vir 84 lopies. HSH wen dus met 29 lopies.

Die tweede wedstryd was teen HS De Aar.  In hierdie wedstyd het HSH eerste veldwerk gedoen en vir De Aar beperk tot slegs 54 lopies. HSH gaan kolf en teken 55 lopies aan met slegs 1 paaltjie plat. HSH wen dus met 9 paaltjies.

Op 19 Oktober 2016 het die 0/19 span teen CBC gespeel. CBC kolf eerste en teken 114 lopies aan in die 20 toegelate boulbeurte. CBC beperk hierna vir HSH met goeie boul- en veldwerk en ons kon slegs daarin slaag om 86 lopies aan te teken. HSH verloor dus met 25 lopies.

Op 20 Oktober 2016 het die 0/15 span tuis teen Diamantveld gespeel. HSH kolf eerste en teken 157 lopies aan met slegs 2 paaltjies plat in die 20 boulbeurte. Diamantveld word daarna vinnig uitgeboul vir 67 lopies. HSH wen dus met 90 lopies.

Baie geluk aan Wilikus Badenhorst wat 109 lopies nie uit nie, aangeteken het!

Op 22 Oktober 2016 het die 0/19 krieketspan tuis twee wedstryde gespeel.

Die eerste wedstryd was teen HS Prieska. HSH kolf eerste en teken in die toegelate 20 boulbeurte 106 lopies aan met 8 paaltjies plat. Ons boul vir Prieska uit vir slegs 73 lopies. HSH wen dus met 33 lopies.

Die tweede wedstryd was teen HS Orion, waar Orion eerste kolf en 92 lopies aanteken met 7 paaltjies plat in 15 boulbeurte. HSH gaan kolf en teken 93 lopies aan met 4 paaltjies plat in 12,2 boulbeurte. HSH wen dus met 6 paaltjies.