Jim Fouche atletiek byeenkoms

Tydens die voor-seisoen het ons atlete ywerig begin om hulself voor te berei vir die 2017 atletiek seisoen wat om die draai is.  Hulle was so bevoorreg dat hulle die geleentheid gehad het om op tartanbane te kon deelneem.

Op Saterdag, 22 Oktober 2016, het 2 hoërskool atlete aan die Jim Fouche atletiek byeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem. Nicola Wiid het 8ste in die 400m geëindig en Roe Wiid 10de in die 300m hekkies.

Die daaropvolgende  Saterdag, 29 Oktober 2016, het 6 laerskool atlete aan die Jim Fouche atletiek byeenkoms te Bloemfontein gaan deelneem. Die atlete het baie ondervinding opgedoen asook gesien waaraan hulle in die komende atletiekseisoen aandag sal moet gee.

Die uitslae van die byeenkomste is slegs tot by die vyfde posisie bekend gemaak. Die volgende atlete het onder die eerste 5 plekke geëindig:

Shimonne Schlebusch – 60m (5de),

Jack Wiid – 200m Hekkies (5de),

TJ van der Walt – 200m (5de), Verspring (4de) en 100m (3de).

Paule Jansen, Carlo Schlebusch en Driean Wiid het ook aan die byeenkoms deelgeneem.