KFC Mini-Krieket dag 16 September 2017

Reeds vir die afgelope dekade is Hoërskool Hopetown die gasheer vir ‘n streeksfees van mini-krieket.  Op Saterdag, 16 September 2017, was dit weer so toe 16 mini-krieket spanne op HSH se sportgronde bymekaargekom het vir ‘n dag van heerlike krieket.

Elke spannetjie het 4 wedstryde gespeel so die klein lyfies was baie moeg en tevrede na afloop van die verrigtinge.

HSH het 4 spannetjies gehad wat deelgeneem het, nl. ‘n 0/7-span, 0/8 seuns-span, 0/8 gemengde span en ‘n 0/9 span.  Hul uitslae was as volg:

0/7: wen 3 van hul 4 wedstryde.

0/8 seuns:  wen 3 van hul 4 wedstryde.

0/8 gemengde span:  wen 3 van hul 4 wedstryde.

0/9 span: maak skoonskip en wen al 4 hul wedstryde.

Baie geluk aan elke spelertjie wat deelgeneem het en bygedra het daartoe dat die dag so ‘n reuse sukses was!  ‘n Spesiale woord van dank aan ons borg, KFC, vir al die toerusting, hoedjies en sertifikate, maar veral  vir jul voortgesette investering in ons jeug en toekoms!