KFC mini-krieket festival

img-20161106-wa0001

Op Vrydag, 4 November 2016, het die 0/9 mini-krieketspan aan die KFC-festival  in Kimberley gaan deelneem.   Met groot opgewondenheid het elke speller sy KFC T-hemp, hoedjie en kospakkie ontvang.  Die toernooi is met ‘n uur vertraag weens baie lekker welkome reën wat uitgesak het.  Die span het met 72 lopies gewen. Die toernooi dien as die afsluiting vir HSH se mini-krieket seisoen en bly ‘n hoogtepunt op die mini-krieketers se kalender.  Hulle het die voorreg om op die ovaal onder spreiligte te speel.  As toeskouers slaan jy jou hande saam om te sien hoe 640 spelers (tussen ouderdom 5-9) gelyktydig speel, en moenie ‘n fout maak nie, elke span weet presies watter bal is hulle s’n al land dit 3 velde ver!   Hierdie jaar het die Knights ook tussen die spelers beweeg en hier en daar afgerig.  Francois Prins moes vir een van hulle boul!  Ongelukkig kon geen span hulle tweede beurt voltooi nie, want toe reën dit weer.  Maar dit was weereens ‘n belewenis.  Coach Andrew (hoof van NK Mini-Krieket) het sy ondersteuning aan HSH belowe, want, soos hy dit stel,”Ek kan sien dat die gees van die spel hier gekweek word”.