Kloppers tennis toernooi – 2016

Lieb en Louis-Ann du Raan was uitgenooi om in Bloemfontein aan die Kloppers toernooi te kon deelneem. Hulle moes deur die verloop van die jaar punte bymekaar maak op verskillende toernooie om na hierdie prestige toernooi uitgenooi te kon word.

Louis-Ann het ‘n goeie sesde plek behaal.

Lieb het die 0/14 seuns toernooi gewen en ‘n pragtige trofee daarvoor ontvang, voorwaar n puik prestasie!