Kortvolk Sportdag 2017

Soos al die gebruik is, het die 0/9 rugby- en netbalspanne weer hierdie jaar op Saterdag, 13 Mei, by Laerskool Newton in Kimberley bymekaargekom vir ‘n heerlike dag propvol rugby en netbal uit die boonste rakke!

Skole het van heinde en verre gekom vir die voorreg om aan hierdie prestige sportdag te kom deelneem.  So was daar dan ook 22 spanne wat in die rugby afdeling deelgeneem het en 23 spanne in die netbal afdeling.

Die Rugbyspan het 3 wedstryde gespeel waarvan hulle 2 gewen het.  Hulle het teen Dagbreek verloor maar teen Staats B met 42-0 en Kakamas met 19-0 gewen.  Baie geluk!  Julle het skitter rugby gespeel!

Die Netbalspan het 4 wedstryde gespeel waarvan hulle 1 verloor, 2 gelykop en 1 gewen het.  Hulle tellings was as volg:

HSH teen Fanie Malan A – verloor 2-4.

HSH teen Seodin A – gelykop 3-3.

HSH teen Douglas A – gelykop 5-5.

HSH teen Jim Fouche A – wen 2-1.

Baie geluk aan al die 0/9 netbaldogters!  Julle het deurgaans puik sportmangees en die Hopies-karakter getoon aan almal wat vasgevang was in die opwinding van die puik netbal wat gespeel is.  Ons is voorwaar trots op julle!

Baie dankie aan Laerskool Newton wat jaarliks hierdie fees van rugby en netbal vir ons kinders moontlik maak!  Ons sien reeds uit na 2018 se Kortvolk Sportdag.