Krieket afrigting met Ryan Bailey 8 September 2017

Op Vrydag, 8 September 2017, het Ryan Bailey die middag na skool vir HSH besoek.

2017 Krieket afrigting deur Ryan Bailey

Twaalf leerders het die voorreg gehad om intensiewe, persoonlike afrigting van Ryan te ontvang.  Die middag is afgeskop met ‘n opwarmingsessie waarna almal se veldwerk vaardighede opgeskerp is.  Hierna is na die nette toe beweeg waar Ryan individueel na elkeen se boul- en kolf-aksie gekyk het en punte uitgelig het waaraan elke speler kan werk.  Hy het hulle toe ook gehelp om die aksie bietjie in te oefen.

Groot dank gaan uit aan Du Toit, Prinsloo en Van Pletzen Rekenmeesters wie die besoek gereël en moontlik gemaak het!