Krieket Onder 15 vs Diamantveld 20 Oktober 2017

HSH kolf eerste en teken 221 vir 5 aan in die 25 toegelate boulbeurte.  Hierna word Diamantveld ingestuur om te kolf en ons boul hulle almal uit vir slegs 68 lopies.  HSH wen dus met 153 lopies!

Jaytan Pedro neem 4 paaltjies.

JJ Fourie teken 12 lopies aan.

Wilikus Badenhorst teken 172 lopies (NUN) van slegs 83 balle aan.

Baie geluk aan die 0/15 Krieketspan met die puik vertoning asook jul onoorwonne status sedert die begin van die krieketseisoen!