Laerskool krieket uitslae

Op 17 Oktober 2016 het HSH se 0/13 span teen Laerskool Andalusia in Kimberley gespeel op Staats se velde. HSH kolf eerste en teken 167 lopies aan in 20 boulbeurte. Andalusia kon daarna slegs 77 lopies aanteken. HSH wen dus met 89 lopies. Lieb du Raan het 4 paaltjies gevat en slegs 6 lopies afgestaan. JJ Fourie het 48 lopies nie uit nie geslaan.

Op 12 Oktober 2016 het die 0/11 krieket span teen Laerskool Staats in Kimberley gespeel. HSH kolf eerste en teken 79 lopies aan in 20 boulbeurte met 6 paaltjies plat. Staats kolf tweede en teken 81 lopies aan in 16 boulbeurte met 2 paaltjies plat. HSH verloor dus met 8 paaltjies. Luciën Bosman teken 29 lopies aan. AJ Burger het ‘n baie mooi vangskoot gevang.

Op 24 Oktober 2016 speel die 0/13 krieketspan teen Laerskool Hartswater. HSH kolf eerste en teken 169 lopies aan in 20 boulbeurte. Hartswater word hierna ingestuur om te kolf en kan slegs daarin slaag om 79 lopies aan te teken. HSH wen dus met 90 lopies.

Carlo Louw teken 43 lopies aan.

Lieb du Raan teken 42 lopies aan.

Op 25 Oktober 2016 speel die 0/13B span teen Eureka in ‘n tuiswedstryd. HSH kolf eerste en teken 96 lopies aan in 17,1 boulbeurte. Eureka kolf tweede en teken 97 lopies aan in 18,1 boulbeurte met 6 paaltjies plat. HSH verloor dus met 4 paaltjies.

Op Maandag, 31 Oktober 2016, speel die 0/11 span in nog ‘n tuiswedstryd teen Prieska. HSH kolf eerste en teken 122 lopies aan in hul 20 toegelate boulbeurte met geen paaltjies plat nie. Prieska kolf tweede en teken 66 lopies aan in 20 boulbeurte. HSH wen dus met 56 lopies.  Baie geluk aan ons openingskolwers wie se lopies bygedra die volgende was:

Junaid Jood teken 70 lopies, nie uit nie, aan.

Luciën Bosman teken 44 lopies, nie uit nie, aan.