Leerders van HSH blink uit tydens GWK Rugbytoernooi

Dit was vanjaar die vierde keer dat die GWK rugbytoernooi vir 0/15 en 0/17 spanne aangebied is en Hopetown was ook daar! Vyf 0/15 en ses 0/17 Hopies het vir die Pixley-span gekwalifiseer wat aan die GWK week te Hartswater deelgeneem het.

IMG-20160729-WA0001
Hulle was as volg:
0/15 Winston Tuck
Tertius de Wet
Johan Jansen
Phillip Janse van Vuuren
Wilikus Badenhorst
0/17 Ian Jansen
Urbanus Botha
Adriaan Badenhorst
Francois Wiid
Luan Murray
Theo Storey
Laasgenoemde twee 0/17 spelers was ongelukkig beseer en kon nie aan die toernooi deelneem nie.

Na afloop van die toernooi is GWK se 0/15 en 0/17 spanne aangewys. Winston Tuck was een van die groep van 22 spelers wat vir die 0/15 span gekies is as reserwe losvoorspeler. Wel gedaan Winston! HSH is trots op jou!