Matriekuitslae 2015

  • 100% slaagsyfer vir 23ste jaar agtereenvolgens.
  • 29 matriek-leerders, behaal ‘n klasgemiddeld van 64%
  • 82%-matrikulasievrystelling en die res (18%) het toelating vir verdere diploma-studies
  • ses gemiddelde B-simbole is behaal
  • een gemiddelde A-simbool behaal deur Jané Lotz
  • Jané het 7 vak A’s behaal en ‘n gemiddelde persentasie van 88%
  • Sy was die 14de beste matrikulant in die Noord-Kaap Provinsie. Voorwaar ‘n pragtige prestasie en ons as skool en gemeenskap is baie trots op haar.
  • Jané was ‘n baie goed gebalanseerde leerder gewees, sy het in 2015 provinsiale kleure behaal in muurbal en tennis, asook erebaadjie-toekennings vir muurbal, tennis en akademie. Sy was ook hoofdogter van haar skool en skoolkoshuis, Oranjehof. Sy studeer tans B.Sc Dieëtkunde aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom.
    • HSH is een van slegs nege skole in die Noord-Kaap wat ‘n 100% slaagsyfer kon behaal.