Mini-krieket September 2016

Op 17 September 2016 het ons vir die agtste keer die KFC mini-krieket festival aangebied by Hoërskool Hopetown. Daar het 16 spanne deelgeneem aan die dag. Die 0/7 span het teen ODPS gespeel en met 16 lopies gewen, teen Newton het hulle met 12 lopies gewen en teen Hartswater het hulle gelykop gespeel. Die 0/8 span het teen Hartswater gewen met 11 lopies, gelykop gespeel teen Douglas en verloor teen Newton met 7 lopies. Die 0/9 span het met 1 paaltjie teen Douglas verloor, teen Newton gewen met 45 lopies en teen Hartswater verloor met 12 lopies.

Baie dankie aan Jaytan Pedro, Jano de Wet en Phillip Hattingh wat as spanbestuurders vir die onderskeie spanne opgetree het op hierdie dag. Baie dankie ook aan al die Gr.10 leerders en hulle ouers wat die snoepie beman het.

Op 21ste September het HSH se 0/9 mini-krieketspan teen Jacobsdal gespeel, maar nie in ‘n gewone mini-krieket wedstryd nie! Vir die tweede jaar het die 0/9’s die veld betree as ‘n volwaardige 12-man krieketspan!  Hierdie wedstryd word spesifiek gespeel om die kinders blootstelling te gee aan hierdie vorm van krieket wat vir hulle voorlê  in die daaropvolgende jaar as hulle 0/11 krieket begin speel.  Jacobsdal het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen. HSH teken 60 lopies in hulle kolfbeurt aan met slegs 4 paaltjies plat. Hierna word Jacobsdal ingestuur om te gaan kolf en HSH beperk hulle lopies tot 44  met 3 paaltjies plat. HSH wen dus met 26 lopies.

Die enigste dogter op die veld, Keevy-Ann Fourie, is aangewys as die speler van die wedstryd! HSH is baie trots op jou!