Motorfiets uitslae 27 Augustus 2017

Wian Blom het die naweek buite Bloemfontein aan die CSA motorfietsresies gaan deelneem.  Hulle het altesaam 132km gery. Dit is opgedeel in 4 rondtes van 33km elk.  Daar was 130 ryers en Wian het 3de in sy klas gekom.  Hiervoor het hy ‘n pragtige trofee ontvang.  Baie geluk Wian!  Ons is voorwaar trots op jou!