Motorfiets uitslae 30 September 2017

Wian Blom het op 30 September 2017 op Hopetown deelgeneem aan ‘n CSA motorfiets wedren.  Hulle het 4 rondtes van 32km elk gery ( 128km in totaal) en Wian het algeheel 2de geëindig!

Daar is 7 wedrenne per jaar en Johan, Wian se pa, het die uitleg en konstruksie van die baan vir die wedren op Hopetown persoonlik behartig.

Die laaste wedren van die jaar sal DV op 4 November in Windsorton plaasvind.