netbal 2014

Die 2014 netbal seisoen skop al in middel Februarie af.

Daar lê ‘n baie opwindende netbal-seisoen vir Hoërskool Hopetown se hoërskool- en laerskool netbalspanne voor!!!!  Die meisies staan reeds 05:00 elke die oggend al op die rugbyveld, besig met kondisionering!!

In die hoërskool is daar 6 spanne en in die laerskool is daar 7 spanne. Die hoërskool se top 10 meisies gaan na Potchefstroom en ook na Margate toer vanjaar.

5 van die 8 afrigters het reeds hul vlak 1 afrigters-kursus voltooi, en moet nog net hul praktiese 10 lesse doen dan is hul gegradeerde Vlak 1 afrigters!!!  Almal is dus gerat vir die 2014 seisoen!!!

Die afrigters vir 2014 is as volg:

0/7   →   Antoinette Loubser

0/8   →   Talitha Badenhorst

0/9   →   Daria J/v Vuuren

0/10 + 0/11   →   Lucille Klok

0/12 + 0/13   →   Anso Brits

0/15   →   Rouchelle Pitchers

0/17   →   Nolene Storm

0/19   →   Ané Prins

Ons doelwit vir 2014 is dat die 0/7 tot 0/12 spanne ‘n minimum van 7 wedstryde sal speel en die 0/13 tot 0/19 ‘n minimum van 15 wedstryde.  Hou hierdie ruimte dop vir groot hoogtepunte dié jaar!!!!