Netbal Mediumskole Liga 2017

Op 5 Augustus 2017 het HSH se 0/15 en 0/19 netbalspanne in Kimberley gaan deelneem aan die Mediumskole Liga.

Die uitslae was as volg:

0/19

HSH verloor 8-28 vs Douglas

HSH verloor 10-44 vs Hartswater

0/15

HSH wen 15-6 vs Kalahari

HSH wen 16-12 vs Hartswater

HSH wen 19-4 vs Douglas

Met puik deursettingsvermoë en durf het HSH se 0/15 netbalspan van 2017 hulself met glorie beklee toe hulle, op grond van bogenoemde oorwinnings, aangewys is as die wenners van die Mediumskole Liga van 2017!

Almal by HSH is ontsettend trots op elkeen van julle, insluitende Juf. M. Symington (Afrigter) en kan nie wag om te sien watter hoogtes julle nog in die toekoms gaan bereik nie!

Die 0/15-span is as volg:

D             Connelize Benjamin

HD          Isane Botha

AV          Angel Ngxabazi

S              Garoneecha Long

VV          Merese Machiu

HV          Marizaan Ferreira (Kaptein)

V             Anke Brits

Afrigter:  Me. M. Symington