Noord-Kaap Dresseer Desember 2016

Tydens die Desember vakansie van 2016 het 4 leerders van HSH as lede van die Noord-Kaap Perdry Span aan die Suid-Afrikaanse Jeug Kampioenskap by Shongweni Equestrian Club in Durban deelgeneem.

Marlise Gerrits (in haar 2de SA’s) en haar perd Honey B en Joanie Blumenthal (in haar 3de SA’s) en haar perd Midnight is gekies vir die Provinsiale span om deel te neem aan die Elementary Dresseer afdeling.

Chrisna Gerrits (in haar 4de SA’s) en haar perd Razdi Romanza en Jané Wiid (in haar 1ste SA’s) en haar perd Fine Affair is gekies vir die Provinsiale span om deel te neem aan die Novice Dresseer afdeling.

Die Noord-Kaap Elementary Dresseer span het eerste in hul afdeling geëindig terwyl die Noord-Kaap Novice Dresseer span vierde geëindig het.

Baie geluk aan die vier dresseer dametjies wie se harde werk en dissipline sulke goeie vrugte afgewerp het!