Noord-Kaap Tennis Proewe 19-21 Januarie 2017

Die Noord-Kaap Tennis proewe het plaasgevind van 19-21 Januarie 2017 te Kimberley.  Die verrigtinge is geopen deur die voorsitter van Noord-Kaap tennis, Me. Marlese Wilke, by die Tuine bane, waarna die verskillende ouderdomsgroepe uitgeplaas is na hul onderskeie bane. 340 deelnemers vanuit al 5 streke van die Noord Kaap was teenwoordig by die proewe.

Die volgende Hopies het deelgeneem aan die proewe:

Dogters

Keevy-Ann Fourie (Gr4)

Menike Strauss(Gr4)

Marlia Badenhorst (Gr5)

Louis-Ann du Raan (Gr5)

Carmen Louw(Gr 5)

Lané Botha (Gr6)

Anri Jansen (Gr7)

Adré Janse van Vuuren (Gr7)

Anke Brits (Gr9)

Nicola Wiid(Gr 10)

Michelle Sprout (Gr11)

 

 

Seuns

Thomas Fourie (Gr 2)

Francois Prins (Gr4)

Lieb Higgs (Gr4)

Ruan du Raan (Gr5)

Juan du Raan (Gr5)

Driean Wiid (Gr5)

JF Prins (Gr6)

Gerard Wiid (Gr6)

James Henry Fourie (Gr7)

Jack Wiid (Gr7)

Lieb du Raan (Gr 8)

JJ Fourie (Gr 8)

Roelie Botha (Gr8)

Wilikus Badenhorst (Gr9)

Roe Wiid (Gr 9)

Jano de Wet (Gr 9)

Johan Jansen (Gr 10)

Phillip Janse van Vuuren (Gr 10)

Adriaan Badenhorst (Gr 11)

Luan Murray (Gr 11)

Urbanus Botha (Gr 12)

Thomas Fourie (0/8)

Thomas Fourie (0/8)

Leerders het in hul onderskeie ouderdomsgroepe deelgeneem om die eerste 12 posisies in die geval van Laerskool leerders (1-6: A-span en 7-12: B-span) en die eerste ses posisies in die geval van Hoërskool leerders te bepaal.  Hierdie leerders is dan in die Noord-Kaap span opgeneem.

Omdat die ouderdomsgroepe slegs van o/10 af en ouer bepaal word,  moes Thomas Fourie (o/8) in die o/10 afdeling meeding!

Die volgende leerders van HSH is in die Noord-Kaap span opgeneem:

D o/10  Keevy-Ann Fourie (1)

Menike Strauss (7)

S o/10  Francois Prins (7)

Thomas Fourie (12)

D o/11 Marlia Badenhorst (1)

Louis-Ann du Raan (2)

Carmen Louw (9)

S o/11  Ruan du Raan (8)

Juan du Raan (9)

D o/13  Anri Jansen (10)

S o/13  James Henry Fourie (3)

Jack Wiid (12)

S o/14  Lieb du Raan (2)

S o/15  Wilikus Badenhorst (1)

S o/16  Johan Jansen (3)

Die nr 1-4 spelers van die o/12 en o/13 spanne onderskeidelik speel weer onder mekaar uit om die 6 beste spelers te identifiseer.  Dieselfde proses word ook gevolg om die beste spelers in die o/14 en o/15 spanne gesamentlik gegroepeer te bepaal.  Hierdie 6 spelers in elke afdeling verteenwoordig dan die Noord-Kaap by Tennis Suid-Afrika se Interprovinsiale toernooi (SA’s).

Lieb du Raan (0/14)

Lieb du Raan (0/14)

Die volgende spelers is dan ook opgeneem in die Interpro span:

So/13  James Henry Fourie (5)

So/14  Lieb du Raan (3)

So/15  Wilikus Badenhorst (2)

Die oorspronklike Noord-Kaap spanne speel by verskillende driehoekige en vierhoekige provinsiale toernooie deur die loop van die jaar.  Die eerste wedstryde vind DV die naweek van 10 en 11 Februarie plaas en ons wens al ons spelers net die beste toe!

Daar is min, indien enige, plattelandse skole met ‘n leerlingtal van slegs 272 van Gr1-12, wat julle dit sal kan nadoen om 15 Provinsiale spelers op te lewer!  Voorwaar ‘n staande ovasie werd!