Ons tennis spelers en -speelsters presteer!

Kloppers 

Kloppers-toernooi (Bloemfontein)

Juan du Raan, Ruan du Raan, Kylie du Raan, Jack Wiid, Roe Wiid en Driean Wiid het gedurende die Julie-vakansie (14 – 16)  aan die Kloppers-toernooi in Bloemfontein deelgeneem.  Almal het hul uitstekend van hul taak gekwyt.

Noord-Kaap tennis te Graaff-Reinet

Marlia Badenhorts, Louis-Ann du Raan, Wilikus Badenhorst, Anri Jansen en James-Henry Fourie het die vakansie in Graaff-Reinet gaan tennis speel om die Noord-Kaap te verteenwoordig.  Hulle het teen  die OP gespeel. Marlia het as nr. 1 gespeel en het al 4 haar wedstryde gewen, terwyl Wilikus ook as nr. 1 gespeel en hy het  2 van sy 3 wedstryde gewen.  Hulle span het teen die einde harde bene gekou!  Louis-Ann het 4 wedstryde gespeel en al 4 gewen!  Anri het 3 wedstryde gespeel, maar ongelukkig al 3 verloor. James-Henry het ook 3 wedstryde gespeel en as wenner in al 3 van die baan gestap!  Mooi so!
IMG-20160720-WA0027NK TENNISIMG-20160721-WA0001

Hopetown kan beslis trots wees op al hul tennis sterre!