Pixley Ka Seme Skaak proewe 2017

Die distriksproewe is op 20 Mei 2017 in Hopetown gehou. Daar was altesaam 41 inskrywings uit vyf skole vir die o/19 en o/15 proewe.

Rivaldo Mockson was eerste in die O/19 seuns afdeling.

Rahat Husain was vierde in die O/15 seuns afdeling. Hy het 3 wedstryde gewen, 1 gelykop gespeel en 1 verloor.

Beide hierdie twee leerlinge gaan deur na die Provinsiale Skaakproewe te Kimberley.