Riatra Karoo Bokkie Tennistoernooi 2016

Hoërskool Hopetown het vir die eerste keer op Vrydag, 9 September, en Saterdag, 10 September, die Riatra Karoo Bokkie tennistoernooi aangebied. Riatra Wild het as hoofborg opgetree vir hierdie toernooi. Die toernooi het op Hoërskool Hopetown se tennisbane plaasgevind in die ouderdomsgroepe 0/8 en 0/10. Spelers van Jacobsdal en Douglas het ook aan die toernooi deelgeneem. Elke speler wat aan die toernooi deelgeneem het, het ‘n rugsak met ‘n waterbottel, handdoek, Powerade, Energy bar en ‘n Biggi mikrogolf popcorn ontvang. Die wenners is egter beloon met groter pryse. Die wenner van elke ouderdomsgroep het ‘n trofee en Riatra waterbottel gekry, die tweede plek het ‘n Riatra pet en medalje gekry en die derde plek ‘n medalje.

dsc01240 dsc01355
Uitslag van HSH leerders:
Dogters 0/8 (10 spelers)

Shimonne Schlebusch 1ste
Dani Fourie 3de
Jani Prins 4de
Kylie du Raan 5de
Jane Burger 7de

Seuns 0/8 (8 spelers)

Thomas Fourie 2de
Henk van der Post 5de

Dogters 0/10 (7 spelers)

Keevy-Ann Fourie 1ste
Danel Brits 5de
Riane Strauss 6de
Nina de Wet 7de

Seuns 0/10 (9 spelers)

Ruan du Raan 1ste
Driean Wiid 2de
Juan du Raan 3de
Jacques Wiid 5de
Lieb Higgs 6de
Francois Prins 7de
Nic Fourie 8ste

dsc01383 dsc01384 dsc01385 dsc01386
Ons wil net baie dankie sê aan ons borg, Riatra Wild, asook elkeen wat ‘n bydrae gelewer het. Baie dankie ook aan al die mamma’s en pappa’s wat met groot geesdrif langs die baan, in die warm son, elke speler aangemoedig en gemotiveer het.