Daar lê ‘n opwindende Rugby seisoen voor vir Hoërskool Hopetown vir beide die hoër- en laerskool spanne!
Die eerste rugby span gaan tydens 2014 na Potchefstroom en Margate toer. Hierdie span gaan 15 wedstryde speel tydens die seisoen, wat onder andere, ‘n wedstryd insluit teen ‘n span van HS Menlopark van Pretoria! Ons span is reeds kliphard aan die oefen en die spelers sien uit na ‘n opwindende nuwe seisoen met hul afrigters Eddie Lightfoot en die ou strydros RiaanLoubser aan stuur van sake.
Die 0/15 rugbyspan gaan in April 2014 toer na George waar hulle aan die SOCST toernooi gaan deelneem. Daar word beplan dat hulle ongeveer 13 wedstryde sal speel.
Daar wag ook op die o/13 span ‘n opwindende seisoen! Hulle het reeds in 3 van hulle moontlike 10 wedstryde onoorwonne uit die stryd getree. Hulle gaan deel neem aan die GWK toernooi wat in die Julie-vakansie plaasvind. Ons vertrou ook dat heelwat van hierdie 0/13’s vir die Pixley Ka Seme span in die Wildeklawer week vir laerskole te Kimberley gaan speel.
Ons junior-spanne (0/11, 0/9 en 0/7) word beskou as die toekoms van ons skool. Hulle word goed voorberei om kompeterend te kan deelneem. Dit is vir ons belangrik dat, veral op laerskoolvlak, die kinders die sport sal speel om dit te geniet. Sodoende vertrou ons dat hulle ‘n liefde vir die spel sal ontwikkel.
Die afrigterskorps sien as volg daar uit:
0/19 Eddie Lightfoot en Riaan Loubser
0/15 Strauss Steenkamp en Danie Jacobs
0/13 Ettiene Burger en Jannie van den Merwe
0/11 Gideon Kluge
0/9 Sarel de Wet en Warren Daines
0/7 Ebert Bosch en Steven Storey
[av_video src=’http://www.youtube.com/watch?v=HCGfuMjniko&feature=youtu.be’ format=’16-9′ width=’16’ height=’9′]